Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (2024)

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (1)Klik hier om na video-onderhoude te kyk, klik hier om gevallestudies te lees, klik hier om die nuutste getuigskrifte te lees, of lees die getuigskrifte hieronder:

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (2)

Erika van Niekerk: “Ràin het by die Edublox span aangesluit April 2010 in sy graad 4 jaar se 2de kwartaal. Hy het geweldig gesukkel met sy logiese denke — hy het op sy eerste evaluasie by Susan du Plessis maar ‘n 11% daarvoor gekry, tweedens was sy oogspan 42%, sy ouditiewe geheuespan was 4 en is veronderstel om 7 te wees.

“Dit het ‘n geweldige impak gehad op sy studies vir graad 4. Ek moes saam met hom sit en hom leer; hy kon nooit op sy eie boeke gevat het en gaan leer nie want sy geheue het hom nie toegelaat om dit wat hy geleer het te onthou nie. Sy praatjies en speeches in Afrikaans en Engels het baie daaronder gely omrede hy dit glad nie kon memoriseer nie en hy’t maar altyd ‘n 4 of 5 uit 10 vir dit gekry.” Lees verder...

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (3)

10 November 2010

Geagte Susan en Dames by Edublox

RE: BAIE DANKIE VIR WONDERLIKE HULP

Ons wil net vir die dames by Edublox baie dankie se vir al die hulp en bystand wat ons deur die jaar van julle ontvang het.

Ons was baie bekommerd oor ons seun se ontwikkeling by die skool en die onderwysers het bly se dat hy nie gaan by bly nie. Hy het baie gesukkel om te lees en dit het al sy ander werk ook beïnvloed. Op sy laaste rapport aan die einde van sy Graad 2 jaar was sy lees maar `n twee en die res van sy punte het net so gelyk.

Hy het toe in Januarie by Edublox begin met twee klasse `n week en het dit ongelooflik baie geniet, hy het uit gesien na elke Dinsdag en Donderdag middag se klasse. Na die eerste kwartaal kon ons al die verbetering op sy rapport begin sien. Aan die begin van die tweede kwartaal het Susan ook gesê sy kan die verbetering sien en dat hy baie vinnig vorder.

Van die tweede kwartaal af het hy net een keer `n week Edublox toe gegaan. Sy derde kwartaal se rapport het gewys hoe goed dit met hom gaan. Sy punte is omtrent almal op na 4’s; hy kry nog `n 3 drie vir onvoorbereide lees maar dit het op `n 1 begin.

Ons is baie dankbaar vir alles wat julle vir ons en Rijk gedoen het. Dit was ‘n wonderlike jaar en sy vordering het duidelik op elke rapport gewys.

Baie dankie

Deleen en Jaco van Tonder

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (4)

Mev Combrink: "Lurisca het Augustus 2009 by Edublox ingeskryf aangesien sy die volgende probleme in haar skoolwerk ondervind het:

  • Konsentrasieprobleme
  • Werkstempo — kon nie take in tyd afhandel nie
  • Haar lees was nie op standaard nie
  • Onseker t.o.v. woordherkenning
  • Spelfoute
  • Swak selfvertroue en was altyd onseker oor haar werk." Lees verder...

Die Schoombie’s: “Baie dankie vir al julle hulp met ons seun, Ruan Schoombie, 10 jaar oud en 'n leerder aan Lanternskool. Ruan het goed gevorder in Graad 1 tot Graad 3 en is getoets deur 3 terapeute van sy skool waar daar sekere probleemareas aan ons uitgewys is. Volgens die verslag vanaf die terapeute het Ruan 'n agterstand gehad in sy lees en woordeskat en ook 'n probleem gehad om dinge te onthou. Graad 4 is en was 'n groot aanpassing omrede sy konsentrasie elke halfuur gebreek is deur die wisseling van klasse.” Lees verder…

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (5)

Mev G du Toit: “As ouer het ek besef my kind het professionele hulp nodig vir skolastiese progressie. Nie dat ek nog niemand genader het nie.

“In Elarduspark het hy remediëring by die skoolsielkundige ontvang. Na ‘n paar maande het hy gesê Daneël het nie meer remediëring nodig nie.

“Daarna het ons hom geskuif na ‘n Christenskool. Kleiner klasse, intensiewe aandag... Ongelukkig is die skool dubbelmedium. Graad 1-3 Afrikaans en Engels, van graad 4 af net Engels. Omdat sy Afrikaanse lees en spel nie eers naastenby bemeester was nie, sou die Engels net skolastiese en emosionele stremming op hom plaas.” Lees verder...

Carin Cruywagen: “Dewan het in sy eerste jaar in die laerskool relatief goed gevaar en ons as ouers was nie werklik bekommerd dat hy in enige van die areas van skoolonderrig sukkel of nie op standaard is nie.

“Dit het egter nie dieselfde geblyk te wees teen die middel van graad twee nie. Skielik het hy gesukkel om eenvoudige woorde (bv. dit, was, hoe) te lees, alhoewel hy die langer woorde met gemak kon lees. Hy het al meer woorde geklank voordat hy die woord gelees het en het ook 'b' en 'd' klanke omgeruil. Ook op sy rapporte kon ons duidelik sien hoe sy punte verswak in geletterdheid en telkens het sy klasjuffrou voorgestel dat hy meer moet lees.” Lees verder...

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (6)

Lorinda Appelgrein: “Christian se onderwyseres het op 23 April 2009 by die oueraand vir ons ingelig dat dit glad nie goed gaan in die skool met hom nie en dat sy nie kan sien dat hy Graad 3 gaan deurkom nie. Sy het gesê hy werk te stadig en verstaan nie werkopdragte nie. Hy kom ook nie aan die gang met werk in die klas nie. Sy leesspoed was ook nie na wense nie. Sy eerste kwartaal rapport het net 1’s en 2’s opgelewer. Dit was natuurlik ‘n groot skok want niemand het nog tevore vir ons gesê hy het ‘n probleem in die skool nie.

“Ek en my man het besluit dat ons iets moet doen om hom te help en ek het op die internet rondgekyk en op Edublox afgekom. Tydens sy evalueringsafspraak het Susan vir my gesê ek moet nie bekommerd wees nie, Christian sal nie Graad 3 druip nie. Christian het op 16 Mei 2009 by Edublox begin.” Lees verder, en sien ook voorbeelde van Christian se skoolwerk...

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (7)
Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (8)

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (9)

Mev Sandenberg: "Weens gesondheidsprobleme het Burger 'n halwe jaar se werk in Graad 1 en 'n hele termyn se werk in Graad 2 verloor. Hy het baie agter begin raak met lees en spel.

"As hy lees het hy al die woorde geklank, tot die woorde wat hy behoort te herken. Hy het elke Vrydag 'n speltoets geskryf en omtrent al die woorde verkeerd gespel. Hy kon glad nie lopende skrif skryf nie, en wou nie huiswerk doen nie. Hy het gesê hy kan dit nie doen nie.

"Sy Graad 2 onderwyseres het ons ingeroep en gesê ons moet dit oorweeg om hom terug te hou. Ek kon nie my kind terughou wat al sy sport, waarvoor hy so lief was, moes prysgee nie.

"Burger is vanaf Oktober by die Leeskliniek. Ek kon nie glo dat daar reeds 'n drastiese verbetering in hom ontstaan het nie. Hy lees sy leesboek sonder om een woord te klank. Hy kry elke week omtrent volpunte vir sy Engelse en Afrikaanse speltoetse, sowel as vir Wiskunde. Hy het met lopende skrif begin en doen nou sy huiswerk sonder dat ek vir hom sê, asof hy dit nou geniet.

"Ek het die hele Desember gewonder of ek hom nie maar moet terughou nie, maar ek dink ek het die regte besluit geneem. Sonder die Leeskliniek sou hierdie drastiese verandering nie plaasgevind het nie. Ons het nog 'n lang pad om te stap maar kan dit nie doen sonder die Leeskliniek nie."

Mev M Mostert: "Leesvermoë bepaal 'n mens se vordering in elke vak, beïnvloed mens se persoonlikheidsontwikkeling, die keuse van 'n beroep en die genot wat 'n mens ondervind in die leesstof wat jy reeds kan lees. Ons het Christiaan ingeskryf om sy leesvaardighede optimaal te ontwikkel.

"Christiaan lees nou met baie meer insig en begrip. Sy herkenningspan het goed verbeter en hy lees nou vinniger. Hy is baie lief vir lees en lees op die oomblik elke fietsry tydskrif wat hy in die hande kan kry, beide in Afrikaans en Engels."


Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (10)

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (11)

Lukas en Annemarie Kruger: "Dit is vir my voorwaar ‘n voorreg om hierdie skrywe aan u te rig en u te bedank vir dit wat die Leeskliniek vir Janine beteken. Ons kon werklik al vanaf die eerste week ‘n verbetering in haar leesvaardighede bespeur. Sy het die leeswerk wat hulle by die skool gekry het ook met meer selfvertroue begin aanpak en lees.

"Haar algemene selfvertroue het skielik begin verbeter sedert sy by die Leeskliniek begin het. Haar taalvaardighede verbeter ook en daar is ‘n merkbare verbetering in haar kommunikasie. Ek moet erken dat dit party dae moeilik gaan om aan die gang te kom met die oefeninge, maar die beloning is beslis daar om die vordering te sien.

"In die verlede het dit telkens gebeur dat Janine laat blyk het dat sy glad nie van lees hou nie. Dit het skielik verander en sy lees deesdae ook vir haar maatjies voor as hulle kom kuier. Waar daar ook in die verlede vir ure gesukkel is met haar leesles van die skool, bemeester sy dit deesdae binne twee tot drie keer wat sy 'n les deurlees.

"Ek kan dus net sê dat ons slegs positiewe veranderings bespeur by Janine sedert sy begin het by die Leeskliniek en ons kan dit ten sterkste aanbeveel vir enige ouer om sy/haar kind daarheen te neem."

'n Briefie van Rouleen, een maand nadat sy by Edublox aangesluit het:

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (12)

Mev J du Plessis, Rouleen se ma, skryf vier maande later: "Rouleen was in 'n Engelse laerskool in Gr 1 en 2. Daarna het ons haar in 'n Afrikaanse laerskool gesit. Dit het nie goed gegaan nie. Die klasse was baie groot, en ons het haar geskuif na 'n nuwe skool vanaf Gr 3. Sy het verbeter, maar ons kon sien sy het addisionele hulp nodig. Na oorweging van baie plekke het ons op Edublox besluit.

"Na een kwartaal by die leeskliniek het haar rapport klaar 'n beter prentjie gehad. Vandat die skole hierdie jaar begin het, is sy vuur en vlam om te leer en huiswerk te doen. Sy het al van haar take ingehandig wat eers aan die einde van die maand moet in wees. Daar word beslis minder geraas en gesmeek dat sy moet leer. Dis asof TV en rekenaarspeletjies nou 'n 2de plek ingeneem het.

"Sy sukkel nog met groot woorde en hulle betekenis, maar dit het al baie verbeter. Woordsomme is al makliker vir haar, maar het nog aandag nodig."

Nota: Na 1¼ jaar by Edublox is Rouleen een van die 'Top-20' van meer as 100 leerders in haar graad, en word sy verkies as prefek.


Hesti Geldenhuys: "Karla was altyd 'n dromertjie en kon vreeslik in 'n fantasiewêreld speel, maar 'n intelligente kleuter wat vroeg-vroeg al haar kleure en vorms geken het en baie liedjies kon sing. Toe sy in gr.0 kom, kla die juffrou dat sy nooit 'n taak kan voltooi nie en dat sy soms sukkel om haar aandag by iets te bepaal. Ek wonder of sy skoolgereed is en laat haar by die Universiteit van Pretoria toets. Sy doen baie goed in die toetse en op sommige vlakke toets sy tot 9 jaar vlak, al was sy toe net 5 jaar oud. Die toets word individueel uitgevoer met die toetspersoon. Hulle verseker my sy is intelligent en reg vir skool en noem terloops dat sy effe stadig werk. Na 'n gesprek met die toekomstige hoof en die gr. 0 juffrou besluit ek om haar wel in die skool te sit. Lees verder…

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (13)

Mev A Coetzer: "Elceé was 'n potensiële druipeling. Hy het hard studeer maar die logika het ontbreek. Hy het ook gesukkel om sekere werk te memoriseer. Daar was ook 'n problem met die lees van sekere woorde soos bv. "pakkery" i.p.v. "bakkery". Ons enigste uitweg was die leeskliniek. Na deeglike toetsing was die probleemareas aan ons uitgewys, wat wel ons vermoede bevestig het.

"Alhoewel Elceé laat in die jaar ingeskryf is, het daar reeds 'n verbetering ingetree. Met verwysing na sy rapporte kan die verbetering duidelik waargeneem word, bv.

Vak:1ste kwartaal2de3de
Tegnologie142960
SW Aard341748
SW Gesk482471

"Elceé het Graad 6 geslaag, dít nadat sy rapporte verwys het na 'vorder nie na wense nie. Bykomende ondersteuning en verbeterde prestasie is nodig vir progressie na Graad 7 aan die einde van die jaar.'

"Elceé ondervind nog probleme met Wiskunde en sekere ander areas. Met die voltooiing van die leeskliniek se program glo ons dat Elceé met 'n spog rapport sal wegstap."

Mev H Bierman: "Marné kon glad nie lees voordat ek haar by Edublox ingeskryf het nie. Omruilings het voorgekom (p, d, b) en sy het net die eerste letter van 'n woord gesien en dan haar eie woord opgemaak. Die en 'n is ook omgeruil. Marné het ook agteruit geskryf, letters in 'n woord uitgelos en baie stadig geskryf. Sy het nooit van lees gehou nie, omdat sy so gesukkel het. Sy het ook baie gesukkel met spelling.

"Omruilings is baie minder en sy konsentreer beter. Sy is nou baie opgewonde om boeke uit te neem om te lees en lees baie meer gereeld. Sy skryf ook glad nie meer agteruit nie en baie netjieser. Alhoewel sy nog woord vir woord lees, verstaan sy nou wat sy lees. Spel het verbeter."

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (14)

Mev L van Zyl: "Die resultaat was verstommend. Sy het geen probleme meer t.o.v. onderskeiding tussen links en regs nie en skryf ook nie meer agterstevoor nie. Haar konsentrasie het baie beslis verbeter.

"Sy het tydens die prysuitdeling 'n sertifikaat vir verdienstelikheid in lees en skrif ontvang. Sy ontvang ook 'n boekprys vir Wiskunde, vir die beste punte behaal in Graad 1."

Mev L van Zyl se oudste dogter het ook die program gevolg. Links is 'n voorbeeld uit haar Graad 3-skoolskrif, voordat sy met die program begin het. Regs is 'n voorbeeld uit haar Graad 4-skoolskrif, ongeveer 'n jaar nadat sy met die program besig was:

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (15) Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (16)
Graad 3 (voor) Graad 4 (na)

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (17)

Mev C E Woite: "Die Graad 2 juffrou het pouses met haar in die klas deurgebring om haar te probeer help. Teen die tyd, het sy geen maats gehad nie, het gedurig van maagpyn gekla, en het sleg geslaap. . .

"Haar skoolwerk het drasties verbeter. Sy snap dinge baie vinniger, leer baie makliker, presteer beter in atletiek en is 'n gelukkige, gesonde, normale 10 jarige, met baie maats. Sy het selfvertroue en sal feitlik enige taak aanpak. Haar handvaardigheid is goed — haar skrif het verbeter. Kortom, sy het van 'n kind met DOODGEDAGTES in 'n pragtige engel verander! En ek dank die Vader dat sielkundiges ook verkeerd kan wees!"


Mev Pretorius: "Sy is nou 6 maande besig en ons het reeds 'n verskil van 10% gemiddeld meer per vak gesien op haar rapport na 3 maande.

"Ons is so tevrede met die verbetering in haar skoolwerk, haar taalwerk en haar selfvertroue.

"Het ons maar tien jaar terug geweet hiervan dan het ons nie duisende rande aan terapieë gespandeer en nog steeds deur al hierdie probleme met ons kind in die skool gegaan nie."

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (18)

Mev R Venter: "Crisjan kan nou stories skryf, spel beter en wil nou graag lees.

"Indien hy leeswerk vir huiswerk het doen hy baie meer as waarvoor gevra word, hy lees sommer die hele storieboek. Hy het ook 'n beter selfbeeld want hy sien hy kan en is trots op homself."

Mev E Lombard: "Die eerste kwartaal het ek vir hom alles geleer en hy moes memoriseer. Die tweede kwartaal na hy met die program begin het, het hy geleer tesame met my hulp. Die vierde kwartaal het hy absoluut op sy eie geleer en het ek nie eers weer sy werk gekontroleer nie."

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (19)

Mev E Vroom: "Dit het 'n nuwe lewe vir Raymond geskep. Van 'n skugter en skaam, teruggetrokke, rebelse seuntjie het hy ontwikkel tot 'n juweel in die huis.

"Oplettendheid en geheue is nou sy sterk punte. Musiek is nou ook 'n nuwe wêreld wat vir hom oopgegaan het. Sy geheue vir woorde van 'n liedjie wat hy slegs eenmaal gehoor het, is fenominaal.

"Hy is 'n groot sportman. Hy is kaptein van sy rugbyspan en speel ook muurbal. Hy is baie lief vir atletiek.

"Raymond het nog altyd die waaroms en die hoekoms in die lewe gevra, maar sy swak leesvermoë het hom gekortwiek om die antwoorde te vind. Sy leesvermoë het so verbeter dat daar nou geen keer aan hom is om al die vrae beantwoord te kry nie. Hy gaan nou elke dag biblioteek toe, lees gereeld in dagblaaie en ensiklopedieë en vind antwoorde op sy vrae. . ."

Mev Lize du Toit: "Haar wiskunde het die laaste kwartaal met 24 punte gestyg. Die onderwyser was heeltemal verbaas."

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (20)

Mev T Cillié: "Malan het meer selfvertroue. . . Hy het aanvanklik baie gesukkel met lees maar het algaande beter begin lees. Ek dink hy het in die laaste paar maande ongelooflik verbeter en lees al regtig mooi — ook met die nodige aksent.

"Hy het so merkwaardig verbeter dat 'n paar van die onderwyseresse en 'n paar ouers my een middag kom sien het om meer oor die metode te gesels."


Petrus Etsebeth: "My selfbeeld het baie verbeter en my gesindheid teenoor my studies het baie verander. My konsentrasie en geheue het ook verbeter. My ouers se standpunt is dat dit 'n baie beter erfenis is as goud of silwer, want dit help my in alle opsigte om 'n beter student te wees, en om die genot van prestasie te smaak."

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (21)

Mev Opperman: "Sy skrif het soos handomkeer verander. Jannes het feitlik geen omkerings meer gemaak nie. Sy spelling asook sy wiskunde het verbeter. Hy het begin om goeie sinne te maak. Sy konsentrasievermoë het verbeter, asook sy herkenning van klanke en woorde. Die diskriminasie van klanke wat vroeër vir hom verwarrend was, soos b en d, kan hy nou onderskei sonder om te twyfel.

"Alhoewel hy nog stadig lees, lees hy nie meer woord vir woord nie. Hy maak ook nie meer woordomkerings nie, en verloor ook nie meer sy plek as hy van die een reël na die volgende gaan nie."

Mev Opperman het twee voorbeelde van haar seun Jannes se skoolwerk gestuur voordat hy met die program begin het, sowel as 'n voorbeeld uit sy skoolskrif 'n paar maande nadat hy met die program besig was:

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (22) Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (23)
Graad 1 (voor) Graad 2 (voor)

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (24)
Graad 2 herhaal (na)

Mnr D H Hartman: "Heinrich het met baie min selfvertroue by die program aangesluit. Hy het ook baie probleme gehad om te konsenteer.

“Voordat hy begin het, was dit nie vir hom moontlik om vier sinne in 'n uur te studeer nie. Dit het letterlik ure geduur om hom te help om te studeer, selfs dan het hy nog steeds nie baie goeie punte behaal nie. Sy geheue het hom ook in die steek gelaat. Hy kon eenvoudig nie onthou nie. Hy het geen voorliefde vir lees gehad nie.” Lees verder…

Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (25)

Mev A Lottering: "Americo my seun (agt jaar oud), het hierdie jaar begin.

"Ek kan regtig die verskil sien in sy konsentrasievermoë. Sy kort- en langtermyngeheue het baie verbeter. Sy manier van redeneer en verskille oorweeg is werklik fantasties. Met sy skoolwerk doen hy so goed en presteer regtig pragtig in alle opsigte."

Gaan na Bladsy 1
Gaan na Bladsy 2
Gaan na Bladsy 3
Gaan na Engelse Getuigskrifte
Gaan na Internasionale Getuigskrifte
Vir vele meer, besoek EdubloxSA.co.za


Hulp vir Leesprobleme en ander Leerprobleme (Bladsy 4) (2024)
Top Articles
Famous Dave's Menu Prices (US) - 2024
BBQ Dine-In Menu | Cleveland, OH | Famous Dave's BBQ
Will Byers X Male Reader
Joliet Patch Arrests Today
Greedfall Console Commands
Myexperience Login Northwell
Is pickleball Betts' next conquest? 'That's my jam'
9192464227
Gameplay Clarkston
Gw2 Legendary Amulet
Violent Night Showtimes Near Amc Fashion Valley 18
Sitcoms Online Message Board
Turbocharged Cars
Craigslist Jobs Phoenix
Wnem Radar
Jack Daniels Pop Tarts
Busty Bruce Lee
All Buttons In Blox Fruits
Alejos Hut Henderson Tx
Burn Ban Map Oklahoma
Nutrislice Menus
Comics Valley In Hindi
Yard Goats Score
Craigslist Prescott Az Free Stuff
Tyler Sis University City
Dallas Mavericks 110-120 Golden State Warriors: Thompson leads Warriors to Finals, summary score, stats, highlights | Game 5 Western Conference Finals
Aes Salt Lake City Showdown
Scheuren maar: Ford Sierra Cosworth naar de veiling
Foolproof Module 6 Test Answers
Dr Seuss Star Bellied Sneetches Pdf
Sams Gas Price Sanford Fl
Craigslist Comes Clean: No More 'Adult Services,' Ever
100 Gorgeous Princess Names: With Inspiring Meanings
Mini-Mental State Examination (MMSE) – Strokengine
Planned re-opening of Interchange welcomed - but questions still remain
DIY Building Plans for a Picnic Table
2487872771
What Time Is First Light Tomorrow Morning
Best Weapons For Psyker Darktide
To Give A Guarantee Promise Figgerits
Felix Mallard Lpsg
Final Jeopardy July 25 2023
Bcy Testing Solution Columbia Sc
Newsweek Wordle
Immobiliare di Felice| Appartamento | Appartamento in vendita Porto San
Cl Bellingham
Tunica Inmate Roster Release
Craigslist Woodward
56X40X25Cm
Phone Store On 91St Brown Deer
라이키 유출
Latest Posts
Article information

Author: Arline Emard IV

Last Updated:

Views: 5754

Rating: 4.1 / 5 (72 voted)

Reviews: 95% of readers found this page helpful

Author information

Name: Arline Emard IV

Birthday: 1996-07-10

Address: 8912 Hintz Shore, West Louie, AZ 69363-0747

Phone: +13454700762376

Job: Administration Technician

Hobby: Paintball, Horseback riding, Cycling, Running, Macrame, Playing musical instruments, Soapmaking

Introduction: My name is Arline Emard IV, I am a cheerful, gorgeous, colorful, joyous, excited, super, inquisitive person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.